Die wind maak my wakker en die ritme daarvan vul my rustig, met klanke soos van n simfonie. Woorde volg asof reeds vooruit beplan, en kan ek nie anders as om na buite weggevoer te word op ...
Dis 'n koue dag in Nelspruit en dit lyk asof die natuur nog rustig slaap so in die mistigheid, al is dit al lankal opstaantyd gewees. Alles voel so stil.
Hier by my lê die hele tuin, ja, letterlik die hele tuin, vol blare. Die wind het gister laatoggend sy waai behoorlik kom waai en ons kom herinner dat winter hier is.
In haar dogtertjiehande hou sy drie geel blommetjies vas. Met uitgestrekte armpies bied sy hulle aan en sê:''dis vir tannie'', en toe ek hulle verras en dankbaar ontvang, omsingel die dogtertjie-arms ...
Die oggendstilte roep my buitekant toe. Soos elke oggend, gaan staan ek eers en kyk by die kombuisvenster uit en glimlag sommer oor die kosmosplantjies wat kiertsregop in die bedding staan. ...
Lees meer...