Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Blomsaad

Blomsaad

Geanker

'n Pragtige bosveldboom. Deur wind en weer gevorm, maar diep geanker in mineraalryke grond, om met 'n anderse karakter, 'n skouspel teen winterblou lug en groenblou berge te vorm.

Ek bid dat jy geanker sal bly in ons Vader se ewige liefde vir jou. Daardie volmaakte liefde wat jou karakter anders maak en jou laat volhard in geloof, omdat jy alreeds stukkies hemel beleef en weet daar is 'n nog groter heerlikheid wat wag. ''Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.''1 Joh. 4:7-21

Laas Opdateer ( Maandag, 08 Junie 2009 07:00 )
 

Tale - met liefde

blare-tapytDie winterwind waai sy ritme teen my vas. 'n Dansritme, so tussen winterblare ... en die Gees laat voel my die klanke vol melodie: ''Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. As julle my opdragte uitvoer,sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.'' Joh15:9-17. Mag jou woorde, die melodie wees wat blydskap bring aan 'n gebroke wereld ... een oomblik op n slag.

Laas Opdateer ( Dinsdag, 02 Junie 2009 06:17 )
 

Geloof Bo Logika

Met eerste lig, kondig die Jan-frederik en Bosveld-visvangertjie, die dag se glans aan. In hierdie weerkaatsende lig, verander donkeroggend in n skittering van lewenslig. Lewenslig wat met oorgawe elke lewende wese wil opwek tot LEWE! Want ... kyk net wat doen geloof bo logika! ''Jesus se vir hom:''Gaan maar huis toe, jou seun lewe. ''Die man het geglo in wat Jesus vir hom gesê het ...'' Joh4:43-54. Mag God se Gees in jou heers, en in elke omstandigheid jou gedrag bepaal.
Laas Opdateer ( Maandag, 25 Mei 2009 05:38 )
 

Vreugde - in Winter

bome in pad'n Nuwe seisoen met sy eie skadu's, sy eie stilte, sy eie afgooi en vorentoe kyk ... en wag. Want, al is die kleure vaal en boomtakke kaal, is daar n anderse son wat skyn en kleurpatrone deur karaktervolle takke gooi. Mag jy beleef hoe jou winter jou met nuwe oe, vorentoe laat kyk ... jou die son laat voel. En mag jy ook met vreugde se : ''U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.'' Ps 4.
Laas Opdateer ( Maandag, 18 Mei 2009 05:52 )
 

Mooi - oral!

Met die breek van die dag, vul kleur op kleur die lug, dan die berge, dan die bome, die gras, die alles......tot binne in my hart! Oral word dit versprei....uitgedeel! Want die mooi is vir almal! Want : ''Die Een wat neergedaal het is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul....''Efesiers 4:1-16. Ontvang dit dankbaar......leef dit!
Laas Opdateer ( Donderdag, 14 Mei 2009 07:26 )
 

Vlieg Vry!

songeel blomEk stuur vir jou n songeel blommetjie, vol kindervrolikheid, want jy is mos kind. Jy is Jesus se kind! Mag jy altyd veilig voel in hierdie kindwees, terwyl jy met vredesvryheid hoog vlieg! ''....die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.'' Jes40:31
Laas Opdateer ( Woensdag, 06 Mei 2009 14:50 )
 

Verandering

Wolkpatrone Meesterlik geverf teen die koelblou lug ... herfsblare wat sweef op die saggiese asem van die wind ... oranje-goud warmte, oopgegooi oor die berg se naakte rug. Verandering ... herfs ...tree vir tree na die volgende seisoen. En binne die verandering sing die Jan-frederik steeds sy blywees-lied! Mag jy in elke verandering, ook die mooi kleure raaksien. ''Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.'' 1Tess5:16-18
Laas Opdateer ( Woensdag, 29 April 2009 10:30 )
 

Gevoed met die beste

In die afdraai se kronkel, le die skakerings van groen skielik jubelend voor my. En my hart onthou: ''... die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap ...'' Jes55:8-13. Mag jy in hierdie week, saam met die bome, handklap-ritme hou op die maat van die spesifieke liefdesritme wat jou hart vul, omdat jy weet van ons Vader se teenwoordigheid oral om jou ... tot binne jou.
Laas Opdateer ( Woensdag, 29 April 2009 10:38 )
 
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Translate

Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Swedish
2009 SA Blog Awards Runner Up