Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Dagboek

ons lewensreis

Winterbome

Hier by my lê die hele tuin, ja, letterlik die hele tuin, vol blare. Die wind het gister laatoggend sy waai behoorlik kom waai en ons kom herinner dat winter hier is.

Ons het pad gevat, want ek wou bome gaan afneem en sommer net weer die veld, bos, en woud, gaan inasem ... en natuurlik gaan koffie drink in die veld.  En soos ons ry, het ek teruggedink aan verlede jaar. Dit was ons eerste winter hier, en alles het vir my so vreeslik groen gelyk vir winter en ek kon nie verstaan dat mense sê die Laeveld is droër nie. Nou, 'n jaar later, het ek al 'n Lente, Somer en Herfs beleef en sien ek beter. Nou sien ek die verskil duidelik raak. Want, soos ons ry, val die blare soos stortreën en ook die Laeveld se immergroen, bedek met winterstof, word vaalgroen. Berge is 'n rustige geelbruin en nooi jou steeds uit om in hul voue te kom lê, maar jy weet, van nader beskou is daardie voue nie sag in hierdie seisoen nie.
 
Maar nogtans is daar oorvloed groen en nogtans is daar son! En nogtans vul die dennegeur jou wanneer jy dit die minste verwag. Soos 'n groot present wat sommer net so skielik by die motorvenster in op jou skoot beland ... so saam met die vlinders wat voor die motor uit vlieg.
 
So, dit raak koud hier by ons ook, saans en soggens. Danie sê ek het heeltemal te gou geklimatiseer.
 
En o ja, gister laatmiddag was die pekanneut-oes GROOT!! Dankie wind.

 

Alles

Dis ‘n slinternuwe dag, ‘n splinternuwe week, en my hart sing sommer vanoggend oor ons Heer se wonderdade en sy onverstaanbare genade.

Genade wat so groot is dat dit ‘n mens se hele wese oor en oor en oor met verwondering vul.

Ek beantwoord vanoggend ‘n vraag wat vra : “How is you life?” Ek antwoord “wonderful”, want ja, my lewe is gevul met wonders……soos elkeen van ons hier op aarde sin. Ek gaan soek toe sommer die woord “wonder” in die Engels verklarende woordeboek op, iets waaroor die kinders nou weer lekker sal lag want ek is mal oor ‘n woordeboek. Die betekenis sê toe vir my :”an extraordinary and beatiful or admirable thing, person”. En ek dink sommer dadelik aan my afstap in die gang vanoggend en toe die uitkyk by die kombuisvenster en die raaksien van die pragtige kleure wat toe musiekmaak tot in my hart. Ek dink toe ook aan die afgelope naweek se Esterkonferensie waar ons onder andere gesing het “Jesus, what a beautiful Name”. Wat ‘n belewenis om duisende vrouestemme dit te hoor sing wanneer die musiek sagter word en dit net die  sagte vrouestemme is wat opklink na Bo…….in ootmoed……in nederigheid…….in afhanklikheid. Wat ‘n besondere persoonlike belewenis.

 

Lees meer...
 

Na die vuur was daar 'n fluistering

Goeie more op nog 'n lieflike dag!!
 
Terwyl ek hierdie vir jou skryf, ritsel die wind saggies deur die groot pekanneutboom se blare hier by ons kamervenster. En dit laat my altyd dink aan 1Konings 19:12 "... En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte." 'n Gedeelte wat ons 'n paar jare terug by The Reeds gemeente se Retreat, op 'n baie spesiale plek in die natuur, behandel het. Dis die begin van daardie jaar wat my lewenspaadjie 'n ander draai begin maak het en die retreat was die eerste stap in die voorbereiding. En weet jy wat? Terwyl ek nou met die Bybel oop op my skoot sit by daardie gedeelte, kry ek die reuk van die plek waar ek in die veld gesit het. Want 'n blaar en 'n kosmosblommetjie wat ek daar gepluk het by die plekkie waar ek my stilword gehou het, is steeds op hierdie plek in my Bybel. Wow!!! besef ek nou net ...'n kosmosblommetjie.
 

 
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Translate

Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Swedish

Ontvang Epos

Teken in met jou epos adres om artikels te ontvang:

Loof Hom!

Geanker

'n Pragtige bosveldboom. Deur wind en weer gevorm, maar diep geanker in mineraalryke grond, om met 'n anderse karakter, 'n skouspel teen winterblou lug en groenblou berge te vorm.

Ek bid dat jy geanker sal bly in ons Vader se ewige liefde vir jou. Daardie volmaakte liefde wat jou karakter anders maak en jou laat volhard in geloof, omdat jy alreeds stukkies hemel beleef en weet daar is 'n nog groter heerlikheid wat wag. ''Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.''1 Joh. 4:7-21


2009 SA Blog Awards Runner Up

Nuus

Gewild