Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Inspirasie

'n Melodie

Die wind maak my wakker en die ritme daarvan vul my  rustig, met  klanke soos van n simfonie. Woorde volg asof reeds vooruit beplan, en kan ek nie anders as om na buite weggevoer te word op die maat van eng’lemusiek : ''Praat ek mense, eng’letale maar dis nie uit liefde nie, is my woorde hol simbole klanke sonder melodie. Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit. Of al het ek al die kennis, sonder liefde is ek niks.'', dans ek in die vroeë oggend-ure onder die neutboom wat blaremusiek maak.

En alles is lig en vry en vrolik, en ek sweef saam met engele tussen woorde … tussen stilwees … tussen vashou … tussen vrywees. Ek is nêrens, maar ek behoort. Ek is vry, maar ek is geborge. Niemand is om my, maar die Teenwoordige vul my. Ek IS net. Is net, wie ek gemaak is om te wees. Kind van God. Medebewoner hier op aarde, waar ek my kan verlustig in die berge se blou, die wolke se wit, die bome se groen. Waar ek kan liefhê en kan weet, dit maak nie saak nie, ek is veilig. Want die Gees van die waarheid het gese :''As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.''Joh14:15-27.

En binne hierdie liefde vind ek geen hol klanke. Ek vind n melodie, vreemd vir hierdie wêreld. n Melodie wat vrede bring. n Melodie wat elke mens saamnooi op sy ritme. Kom, kom lewe in hierdie liefde.....''Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. As julle my opdragte uitvoer,sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.'' Joh15:9-17.
Daardie blydskap. Daardie volkome blydskap!

Mag jy die oorvloed daarvan binne jou beleef, sodat jou woorde n melodie van liefde word. n Melodie wat jou saam met die winterwind laat dans, en die mens langs jou uitnooi om saam met jou die vreugde te deel.
                                                              
Liefde : Caroline

 

God is hier

Dis 'n koue dag in Nelspruit en dit lyk asof die natuur nog rustig slaap so in die mistigheid, al is dit al lankal opstaantyd gewees. Alles voel so stil.
 
Vanoggend 6-uur het ons die voorreg gehad om ons stilwordtyd in die kerk te kon geniet. Die kerk se deure staan vandag tot 14:00 oop vir enigeen om op sy/haar eie tyd sommer net daar te gaan stilword en persoonlik met die nagmaal bedien te word. Met die instap, terwyl sagte musiek speel vanoggend, het ons 'n blaadjie ontvang om ons te begelei in ons stiltetyd.

  • Die ONTMOETING-gedeeltes was uit Gal 1:3-5 en Luk 15:17-24.
  • "STIL" LOFPRYSING  "ek loof U want U is...."
  • VEROOTMOEDIGING Jes. 59:1+2
  • GENADEVERKONDIGING 1Joh1:9, Rom5:1-2 en Ef2:8-9


Hierna in die blaadjie,: "Kry voor jou die beeld van Christus wat aan die kruis hang en hoor dat Hy sê :

  • Ek het dit vir jou gedoen (... jou naam)
  • Ek het jou ... lief
  • Deur my bloed word jy afgewas.
  • Deur my liggaam word jy genees en versterk.
Lees meer...
 

Vry in kindwees

In haar dogtertjiehande hou sy drie geel blommetjies vas. Met uitgestrekte armpies bied sy hulle aan en sê:''dis vir tannie'', en toe ek hulle verras en dankbaar ontvang, omsingel die dogtertjie-arms my.

En so kom sy met haar spontane kindwees, my grootmensruimte sommer so onverwags binne. Ek voel hoe ‘n warmte oor my hart streel en hoe my gedagtes soos spookasem word. Skielik het my besigwees verander in  oomblikke van totale vrywees, oomblikke van  weggevoer  raak in haar kind-stories. En sommer so, raak grootwees se kommer en wonder, soos stof in die wind.

Want in hierdie kindwees-wêreld is alles eenvoudig en word aanvaarding en liefde sonder ''aanbod en aanvraag'' uitgedeel en ontvang. En terwyl ek so na haar sit en luister, weet ek hierdie gevoel is vir my bekend. Want, ek is elke dag kind. Weg van die geraas van die wêreld, kan ek elke dag my drome deel, my vreugdes, my hartseer.....met my Heer wat langs my sit. En ek kan luister na sy stem, en toelaat dat sy beloftes my wegvoer na hoër plekke.

En dis binne hierdie beloftes wat ek opgewonde, met oop arms, in die rondte kan draai saam met die vlinders in die veld   en kan opkyk na die hemelkoepel:''Hy span die hemel oop soos n tent vir die mense om onder te woon.'', en verseker kan weet dat ek onder hierdie woning, beskermend leef. Want elke belofte uit ons Heer se Woord, gee my nuwe moed teen elke wêreldaanslag. ''....die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.'' Jes40:22-31

Ek bid vir jou genoeg moed vir elke dag, sodat jy nooit sal wil ophou hoop nie.

 

Kleure in die fyn blaartjies

Kyk mooi stadig, dan sal jy ook die verskillende kleure in die fyn blaartjies sien. Die wit, geel, pienk en pers!

 

LEWE!

Die oggendstilte roep my buitekant toe.  Soos elke oggend, gaan staan ek eers en kyk by die kombuisvenster uit en glimlag sommer oor die kosmosplantjies wat kiertsregop in die bedding staan.  En soos die afgelope oggende, wonder ek wanneer ek daardie eerste blommetjie gaan sien.

Ek draai om, om die deur se sleutel te kry, en dis met die beweging dat my oog die pienk spikkel vang. Ek kyk en kyk weer en ja, sowaar, daar ís ‘n blommetjie! Met ‘n haastige opgewondenheid sluit ek die kombuisdeur oop en spring by die trappies af. Met groot dankbaarheid gaan hurk ek langs die bedding. Dankbaar dat hierdie saadjies wat ek nog nie eens een keer nodig gehad het om nat te gooi nie, nou as plantjies welig in die bedding staan. En dankbaar dat ek op hierdie vroeë oggend, in hierdie stilte, die eerste blommetjie se oopgaan mag beleef.

Lees meer...
 

Gee my die klop van die Vader se hart

Vlinders dans die hele lug vol, en in stede van in die motor te wees, voel dit asof die wind my eerder hier by die oop venster wil uitwarrel om saam met die vlinders te gaan speel.


By die stopstraat draai ek links, soos die pad muurbalbaan toe tussen die bergkoppe deur kronkel, en ek wonder opnuut toe ek haar sien.  Sy is ‘n pragtige vrou wat die afgelope twee weke elke middag hierdie hele ent pad flink stap, en ek wonder of sy ook vandag die vlinders om haar sien speel. Weer wonder ek ook of sy van die werk afkom of daarheen oppad is.

Lees meer...
 
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Translate

Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Swedish

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
08 Jun 09 in Blomsaad
Geanker

Geanker

'n Pragtige bosveldboom. Deur wind en weer gevorm, maar diep geanker in mineraalryke grond, om met 'n anderse karakter, 'n skouspel teen winterblou lug en groenblou berge te vorm.

Ek bid dat jy geanker sal bly in ons Vader se ewige liefde vir jou. Daardie volmaakte liefde wat jou karakter anders maak en jou laat volhard in geloof, omdat jy alreeds stukkies hemel beleef en weet daar is 'n nog groter heerlikheid wat wag. ''Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.''1 Joh. 4:7-21

More:
2009 SA Blog Awards Runner Up

Ontvang Epos

Teken in met jou epos adres om artikels te ontvang:


2009 SA Blog Awards Runner Up

Nuus

Gewild