Getuienis uit die natuur

Veldblom

Welkom Inspirasie Vry in kindwees

Vry in kindwees

In haar dogtertjiehande hou sy drie geel blommetjies vas. Met uitgestrekte armpies bied sy hulle aan en sê:''dis vir tannie'', en toe ek hulle verras en dankbaar ontvang, omsingel die dogtertjie-arms my.

En so kom sy met haar spontane kindwees, my grootmensruimte sommer so onverwags binne. Ek voel hoe ‘n warmte oor my hart streel en hoe my gedagtes soos spookasem word. Skielik het my besigwees verander in  oomblikke van totale vrywees, oomblikke van  weggevoer  raak in haar kind-stories. En sommer so, raak grootwees se kommer en wonder, soos stof in die wind.

Want in hierdie kindwees-wêreld is alles eenvoudig en word aanvaarding en liefde sonder ''aanbod en aanvraag'' uitgedeel en ontvang. En terwyl ek so na haar sit en luister, weet ek hierdie gevoel is vir my bekend. Want, ek is elke dag kind. Weg van die geraas van die wêreld, kan ek elke dag my drome deel, my vreugdes, my hartseer.....met my Heer wat langs my sit. En ek kan luister na sy stem, en toelaat dat sy beloftes my wegvoer na hoër plekke.

En dis binne hierdie beloftes wat ek opgewonde, met oop arms, in die rondte kan draai saam met die vlinders in die veld   en kan opkyk na die hemelkoepel:''Hy span die hemel oop soos n tent vir die mense om onder te woon.'', en verseker kan weet dat ek onder hierdie woning, beskermend leef. Want elke belofte uit ons Heer se Woord, gee my nuwe moed teen elke wêreldaanslag. ''....die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.'' Jes40:22-31

Ek bid vir jou genoeg moed vir elke dag, sodat jy nooit sal wil ophou hoop nie.

 

Translate

Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Norwegian Swedish

Getuienis uit die Natuur

images/resized/images/stories/natuur/natuur12_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur1_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur2_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur13_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur3_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur4_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur5_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur6_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur7_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur8_80_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur9_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur10_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur11_81_60.jpgimages/resized/images/stories/natuur/natuur14_80_60.jpg
08 Jun 09 in Blomsaad
Geanker

Geanker

'n Pragtige bosveldboom. Deur wind en weer gevorm, maar diep geanker in mineraalryke grond, om met 'n anderse karakter, 'n skouspel teen winterblou lug en groenblou berge te vorm.

Ek bid dat jy geanker sal bly in ons Vader se ewige liefde vir jou. Daardie volmaakte liefde wat jou karakter anders maak en jou laat volhard in geloof, omdat jy alreeds stukkies hemel beleef en weet daar is 'n nog groter heerlikheid wat wag. ''Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.''1 Joh. 4:7-21

More:
2009 SA Blog Awards Runner Up

Ontvang Epos

Teken in met jou epos adres om artikels te ontvang:


2009 SA Blog Awards Runner Up

Nuus

Gewild